Doebai (emiraat)

Emiraat Doebai

إمارة دبيّ
Emiraat
Vlag van Emiraat Doebai
Vlag
Wapen van Emiraat Doebai
Wapen
Ligging van die Emiraat Doebai in die VAE
Ligging van die Emiraat Doebai in die VAE
Koördinate: 25°15′00″N 55°18′00″O / 25.25000°N 55.30000°O / 25.25000; 55.30000Koördinate: 25°15′00″N 55°18′00″O / 25.25000°N 55.30000°O / 25.25000; 55.30000
LandVlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate
HoofstadDoebai
Grootste stadDoebai
Onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk2 Desember 1971
Regering
 • EmirMohammed bin Rashid Al Maktoum
Oppervlak
 • Totaal3 885 km2 (1 500 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal4 177 059
 • Digtheid1 075/km2 (2 784,7/vk. myl)
TydsoneUTC+4:00 (VAE-standaardtyd)

Doebai(Arabies: دبي, Dubayy, [dʊˈbajj]), amptelik die Emiraat Doebai (Arabies: إمارة دبيّ, Imārat Dubayy), is een van die sewe outonome emirate van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) wat op die Arabiese Skiereiland aan die Persiese Golf geleë is. Doebai het 'n oppervlakte van 3 885 km² en is intussen met 4,1 miljoen inwoners die bevolkingrykste emiraat in die federasie nog voor Aboe Dhabi. Die oorgrote meerderheid van die bevolking (sowat 85 persent) is in die gelyknamige hoofstad saamgetrek wat die ekonomiese, kulturele, sosiale en politieke lewe van Doebai oorheers.

Die emiraat, wat grotendeels uit woestyne bestaan, strek vanuit die hoofstad aan die Persiese Golf tot in die binneland en word deur Aboe Dhabi in die suidweste en Sjardja (meestal Sharjah gespel) in die noordooste begrens. Die oase Hatta, wat op 'n hoogte van sowat 330 meter bo seevlak in die Hadjar-bergreeks geleë is, vorm 'n eksklawe naby die grens met Oman.

Sedert 4 Januarie 2006 is die emir van Doebai sjeik Moehammad bin Rasjid Al Maktoem, hy dien ook as visepresident en premier van die VAE.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne